Pre-Primêr
Akademie
Sport
Drakies op Facebook !
Aanlyn
We have 11 guests and no members online
Aftelling tot skool sluit
Drakies Mik Hoog !


Skoolhoof - Mnr. du Plooy
Ons Visie
Drakensberg Primêre Skool stel hom ten doel om vanuit 'n holistiese benadering en op die grondslag van Christelike beginsels, die totale kind te vorm en voor te berei om sy plek in die samelewing vol te staan. Om hierdie ideale te bereik, verbind ons onsself tot die volgende doelstellings wat die misie van Drakensberg Primêre Skool is.
Ons Misie
Drakensberg Primêre Skool is 'n Afrikaanse Opvoedkundige- en Kultuursentrum wat primêr ten doel het om vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing, sy leerlinge met lewensvaardighede toe te rus.
LANDSDIENS
Let asseblief daarop dat die Landsdiens Winterkamp geskuif het na 15 – 17 Junie ter wille van die Kaperjolledag op 26 Mei. Dit sal op Kwasinungu, anderkant Volksrust op die Vrede-pad, plaasvind. Leerders sal kan bergklim, abseiling doen met ‘n ervare oom Henry, hindernisbaan, vuur maak en stokbrood braai EN hul eie potjiekos maak. Hulle gaan lekker eet, warm stort en slaap. Spaar solank jou sakgeld! Die kamp sal ongeveer R450 beloop. Meer besonderhede later.
Redenaars : Halfeindrondte te Vrydheid op 25 Mei 2012
9 van ons 12 redenaars dring deur tot die halfeindrondte. Hulle is: Anzél Botha, Eben Maakal, Gerrit Scheepers, Zander Smith, Aiden Pieterse, Dewald van Zyl, Anél Voschenk, Ruan Zietsman en Johan du Plooy. Ons is so TROTS op julle!
KAPERJOLLE – 25 MEI 2012
Op hierdie jaarlikse Sportdag op Drakies se kalender, benodig ons baie ouerhulp met o.a. verkoop van eetgoed. Skakel asseblief mnr. Koen Pretorius indien u bereid is om te help.
‘n Besige kwartaal word ingelei!
Kwartaal 2 beloof groot opwinding op akademiese, sport- en kultuurgebied. Donderdag, 12 April, het die Drakies wedstryde teen Dundee Primêr gespeel tydens ‘n tuisbepaling. Drakies se eerste en tweede netbalspan en die tweede rugbyspan het hul wedstryde gewen terwyl die eerste rugbyspan net-net verloor het as gevolg van ‘n verbroude verdoelskop.
Cameron White en sy opponent ding mee om balbesit.

Zanelle Janse van Rensburg konsentreer op die wedstryd.

Anné Prinsloo en Nadia de Swardt op die verdediging.

Die 0/10-rugbyspan het ‘n aanskoulike wedstryd gespeel.
Drakie-hoofprefekte 2012!

Arno van Zyl (hoofseun), Ruan Zietsman (onderhoofseun), Marike Roos (hoofdogter) en Elisna Brits (onderhoofdogter).
Drakie-prefekte 2012
Drakie-prefekte is op die eerste skooldag van die tweede kwartaal aangekondig.
Agter: Nadia de Swardt en Zandri Lottering
2de van agter: Annie Hartung, Anné Prinsloo en Leonie Steyn
3de van agter: Gerbrand Hartung, Jasmine Schroeder, Jaundri Botha, Bianca Minnie, Mariska Booysen, Kyle Cooper, Driaan de Clercq, Ruben Swanepoel en Alfie Holder
4de van agter: Mari-Lee Erasmus, Anel Volschenk, Anja Campbell, Lorette Kruger en Lisa Geldenhuys
Voor: Elisna Brits, Marike Roos, Ruan Zietsman en Arno van Zyl
Athletics, a test for every pupil!
As from the 23rd January until the 1st February all Drakies from grade 4 tot 7 had athletics practice for a 75 minutes starting at 08:30 each morning. Afterwards it was back to the books. The pupils enjoyed it and being exposed to all the items, discovered their talents. They eagerly looked forward to the interhouse athletics which was held on Friday, the 3rd of February.
Swemmers van formaat!

Van links na regs: Sias Weyers, Arno van Zyl en Dewald van Zyl
Van die 30ste Maart tot 1 April het Sias Weyers, Arno van Zyl en Dewald van Zyl aan die Level 1 Gala in Newcastle deelgeneem.
Sias (‘n 0/13-swemmer) se uitslae is as volg vir die finale items:
- 200m vryslag – 4de
- 100m rugslag – 2de
- 50m vryslag – 3de
- 50m rugslag – 5de
- 100m vryslag – 4de
- 100m individuele wisselslag, seuns 0/16 – 2de
- 100m vryslag aflos, seuns 0/16 – 2de
Arno van Zyl (0/13) het die volgende items in die finale geswem:
50m vryslag, 100m vryslag, 50m rugslag, 50m vlinderslag (4de plek), 200m individuele wisselslag.
Dewald van Zyl (0/12) het die volgende items geswem:
50m rugslag, 100m rugslag, 50m vryslag (3de plek)
NETBAL WYKSPAN / WARD TEAM : (PROEWE VAN 16 APRIL 2012)
0/12 Mali Thala; Akhona Khanyile, Themba Phakathi, Anné Prinsloo
0/13 Anél Voschenk, Nadia de Swardt.
Kring/Circuit proewe 18 April 2012 – Mali Thala included in the Circuit Team.
Well done, girls!!